2424.61 ha Vee-, Wild- en Pekanneutplaas te Koop –Griekwastad
Hierdie uitstekende 2 424.6094 ha plaas is ideaal geleë in Griekwastad. Die eiendom bied uitstekende potensiaal vir skaap-, bok-, bees- en wildboerdery, met gevestigde infrastruktuur en 'n jong pekanneut-aanplanting wat toekomstige inkomste kan genereer.
Die plaas is reeds toegekamp en beskik oor ongeveer 14 km wildheining (2.4 m hoog), wat dit ideaal maak vir wildbestuur. Daar is 14 kampe, 17 waterpunte (krippe), 5 boorgate, 2 windpompe en 4 sonpompe wat betroubare water aan die plaas voorsien.
Verbeterings sluit in:
Werkershuis met 4 vertrekke
2 klein huiskampies
2 groot sementdamme (benodig aandag)
Pekanneutaanplanting:
4 ha geregistreerde waterregte (Reg. No. 25003148)
Ongeveer 800 pekanneutbome teen 6 x 6 m plantspasiëring
Sonkrag mikrobesproeiingstelsel
Kultivars: Wichita, Pawnee, Choctaw, Navaho, Western Schley en Ukulinga
Ouderdom van bome:
130 bome – 3 jaar
370 bome – 6 jaar
300 bome – 8 jaar en ouer
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir die koper wat op soek is na 'n goed geleë gemengde boerdery met gevestigde infrastruktuur, wildpotensiaal en 'n groeiende pekanneutbedryf.